Waa’s die kos dan nou!

DSC02556

Gister het ek julle gevra om te raai wat hierdie is en Oubaas Connie het amper reg geraai, my leidraad was ook dat dit van die veearts af gekom het. Oubaas was weer veearts toe, hy gaan ook vir alles veearts toe – dit het ek Ounooi hoor sê of hoor dink [hehe]. Hy het tuis gekom met die balletjie wat een gaatjie in het en die veearts sê dat my kos hierin gegooi moet word en vir my gegee moet word! Ai, wat ‘n honne ook nie alles moet deurgaan nie, net omdat die Oubaas dink ek “gobble” alles so vinnig op. Hierdie gaatjie laat die kossies bietjies-bietjies uit soos ek die balletjie moet speel-rol. En ek dag die oumense het altyd gesê jy moenie met jou kos speel nie! Poplap het die balletjie vir my neergesit en Ounooi wou nog wys wat ek moet maak, toe sê Oubaas, “nee, die veearts het gesê hulle is slim, los haar, sy sal self agterkom wat sy moet doen.” – dit was nou nadat hulle vir my laat ruik het dat my kos daar binne wegkruip! Lekker slim, as jy my vra, want dan moet ek self “ontdek” soos die slim mense sê. Ek wonder of hulle regtig slim is. Ek het eers die bal goed bekyk en gewonder waar presies my kos hierin lê!

DSC02555

Toe…ek het die balletjie die kant toe gerol….

DSC02550

en toe daardie kant toe en siedaar…’n paar pilletjies het darem uitgekom…

DSC02558

en toe weer daardie kant toe, maar waar is daardie gaatjie!! Poplap sê ek is ‘n stofsuier-hond want ek snuif-snuif aan alles, maar ek moet mos, ek moet snuif en ruik waar my pille wegkruip!

DSC02559

Poplap het my weer laat poot-oefen ook. Julle het seker nou al die ander poot-foto’s teen hierdie tyd gesien, hierdie is ook een van hulle. Ek is nou baie, baie slim met “poot”. Hier hou Poplap ook die een helfte van die balletjie in haar linkerhand. Die kosballetjie het twee helftes wat op mekaar skroef.

2 Responses

  1. Dis nou ‘n baie oulike balletjie! Het nog nooit so iets hier by ons gesien nie. Jy moet nou net nie die balletjie saam opeet nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: