Sakabula gaan jou vang!

DSC02536

Ai tog! Lat ‘n honne nou so alleen gelaat word! Julle sal onthou dat ek julle gewaarsku het dat ek alleen by die huis gister sou wees, byna die hele dag lank. Gatapatata, wat doen ek toe? Julle gaan verkeerd raai. Kyk waarin lê ek en probeer weer raai. Ja, ek hoor julle almal gelyk sê: “jy was ‘n gat-grawe-honne!” Julle is so doodreg soos more heeldag. Gelukkig was dit nie so ‘n grote nie en Oubaas het ook gesê, “gelukkig is dit nie op die grasperk nie.” Ek het sommer beter gevoel toe ek hom dit hoor sê, maar ek kon hoor in sy stem hy was nie baie gelukkig nie.

DSC02541

Kyk, hier demonstreer ek vir Ounooi en vir julle mooi wat ek gedoen het. Boeta! dit was darem lekker! Dit was so kewl om in die gat te lê, alhoewel my lyf nie mooi kon inpas nie. Ounooi het ook baie mooi vir my gesê dat dit nie eintlik die regte ding was om te doen nie.
 

DSC02548

Julle weet al van my gunsteling boom, die bloekomboom. Wel, Ounooi het my mooi vertel wat gaan volgende keer gebeur as ek dit weer doen. Grote griet! Ek het nooit geweet dat Sakabula in my gunsteling boom bly nie! Kyk net sy twee oge! Ounooi het my mooi vertel dat Sakabula gaan afkom en my gaan bykom as ek weer gate gaan grawe. O toggie! Ek moet dink aan iets om te doen om Sakabula nie te laat afkom nie!

 

DSC02545

Ek moes darem vir julle blare van my gunsteling boom wys en hier kan julle mooi sien dat Herfs oppad is. Ai, dis darem mooi, al die herfskleure. Ek wonder net waar kry die Herfskabouters tyd om die blare so te verf en ek hulle nooit sien nie. Ek dink ek moet minder ‘n gat probeer grawe en eerder opkyk na die boom en kyk of ek hulle hier sien rondvlieg met hul emmertjies herfs-verf. Ek aan julle dadelik vertel as ek ene gesien het.

DSC02558

Raai-raai. Ek dink ek gaan julle lekker nuuskierig hê met hierdie snaakse “bal” waarmee Oubaas gister hier aangekom het. Leidraad: dit kom van die veearts af. Ek gaan julle more meer wys en vertel, kom ons kyk wie kan ‘n woef kry!

DSC02562

En net voordat ek groet, nog een foto waar ek “poot”. Ek hoop julle het my aksie-foto’s gesien in die “poot!”-inskrywing. Hulle lyk baie beter as hierdie een. Ek is al so slim met poot, as iemand vir my “sit” sê, dan gee ek sommer poot direk daarna. Ounooi sê sy wil my nou leer om my op my honne-boudjies te sit!

2 Responses

  1. Zandie, ek hoop jy het nou opgehou om gate te grawe. Ek weet nie so lekker wat ‘n Sakabula is nie maar dit klink na ‘n nare ding.Daardie bal lyk asof jy dit kan kou vir jou tande wat uitkom. Het die bal nie ‘n klokkie of iets ook binnekant nie?

    • Oubaas Connie, Sakabula is amper soos die “Tokkelossie”🙂 Ken jy van “Tokkelossie”? Nee, die balletjie het nie ‘n klokkie binne nie. Ongelukkig kan ek ook nie die balletjie kou nie, sien die volgende inskrywing.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: