Ek ken net Afrikaans

vlinder in tuin

Eergister het die sonnetjie so nou en dan deurgekom en in die loop van die oggend het Oubaas ons almal geroep om na die vlinder te kyk wat op die “bird feeder” kom sit het. Dit was bewolk en Oubaas het gesê ons moet net wag, as die son uitkom, gaan hy sy vlerkies oopmaak. En toe was dit so! Oubaas was nogal verbaas oor die kwaliteit van die foto, want hy het sy selfoon gebruik om dit af te neem. Sjoe, dink julle nie ook dat die kleur mooi is nie, dit lyk sommer soos my pels. Ek het ook amper aan die vlinder geruik, maar toe vlieg hy weg toe ek so nader kom.

P6210063

Ounooi Boendoe dink ons bly in ‘n baie grand huis, maar dis nie regtig so nie. Ek het gedink ek wys haar sommer gou hoe lyk die voorkant waar jy van die straat inry. Ons huis is een van drie soort van in ‘n “ry”. Dit was jare terug een vreeslike groot huis. Die jong man wat ons wasmasjien gebring het, het gesê toe hy ‘n klein seuntjie was, was hierdie een groot huis ‘n “spookhuis” en het hulle seuntjies hierin kom speel! Nou is dit drie aparte woonhuise, direk langsmekaar, nie eers ‘n stegie tussen-in nie. Gelukkig het ons ‘n baie hoë “hedge” aan die ander kant wat die drie tuine baie privaat maak. Ounooi sê sy hou van privaatheid, ek dink ek hou ook daarvan, dan kan ek alles doen wat ‘n honne moet doen terwyl niemand vir jou kyk nie. Julle weet seker waarvan ek praat. Hierdie foto is geneem net so voordat Ounooi-hulle getrek het. Ounooi het nog eers na die huis kom kyk om te besluit of sy hiervan gaan hou. Sy is baie soos ‘n vink-wyfie, as dit nie reg is nie, dan trek sy dit uitmekaar en doen als oor. Sjoe, sy kan partykeer vir Oubaas lam maak, maar hy sê hy’s al gewoond. Hy is my seker ook al gewoond, want ek trek al my speelgoedlappe uitmekaar, dis wat ek Ounooi hoor sê het. Sy hou daarvan as ek dit doen terwyl ons speel.

O ja, op die foto links onder kan julle die kombuisvenster sien, reg bokant is die venster van ‘n spaar enkelkamer. Regs bo is Boeta se kamervenster en reg onder is die studeerkamervenster waar Ounooi gewoonlik sit en uitkyk terwyl sy op haar rekenaar werk. Ek kyk ook daar uit as ek op haar skoot sit en kyk wat sy hier doen. As iets nie reg lyk nie, dan woef ek en dan weet sy om dit te verander. Die klein venstertjie in die middel is sommer net ‘n venstertjie wat jy kry as jy trappe opgaan boontoe en dis gewoonlik net tot daar wat ek mag gaan. Ek is sommer slim om dit te weet! Net regs van daardie venstertjie is die voordeur! Ek wag vir julle om te klop, hoor! Woef! Heel links is die garage en Ounooi parkeer so reg agter jou as jy by die studeerkamer se venster staan. Oubaas parkeer by die garage, sy kar is groter. As julle mooi kyk, sal julle ounooi-langsaan se dak aan die regterkant sien, so naby is hulle! O ja, die ander slaapkamers en vertrekke is aan die ander kant, net ingeval julle dink ek is nie slim genoeg om julle te sê waar dit is nie. [hehe]

DSC01475

Dit was ‘n koue en winderige dag gister. Dit het baie gereën en ek het so baie geslaap. My bed was die beste plek en soms het Poplap my in die sitkamer met my bed gevat. Dan het ek geweet dat ek bederf word. Dit was nie lekker as ek moes gaan weee het nie, dan het die druppeltjies op my pels gekom en my lyf het so snaaks gemaak, ek moet nog leer watse rukkings dit is. Ounooi het gekla van koud kry, miskien was dit wat ek gekry het.

Ek het ook al skoon vergeet om vir julle te sê dat ek intussen so bietjie groter geword het en ek slaap nou al vir 2 naggies nie meer in die kombuis nie. Ounooi-hulle los my waar ek deur die dag slaap en dis in die “conservatory”. Dis ‘n lekker warm vertrek en sommer lekker groot. Van my speelgoed is ook daarin en as ek wil, dan kan ek sommer daar speel ook. Ek is gelukkig nie ‘n huil-honne nie. Ek het Ounooi hoor sê dat sy so bly is dat ek tevrede is om op my eie te speel en nie blawwerig of tjankerig hond is as ek alleen is nie. Ek het julle al lankal vertel dat ek ‘n soet honne is. Ek moet juis vandag weer ‘n soet honne wees, want Poplap gaan saam met Ounooi na haar skool en hulle gaan lank daar werk. Oubaas en Boeta gaan weer na Boeta se skool om sy uitslae te gaan haal by die skool in Osterley. Sjoe, ek gaan so alleen wees, ek wonder net wat ek alles gaan doen met myself!

DSC01856

Ek begin nog ‘n Afrikaanse woord leer en dis “kossies”. Ek dink Afrikaans is die beste taal wat daar is, ek moes maar seker bietjie aan die aksent ook gewoond raak, maar ek dink dis baie beter as die Ingilse aksent. Ek weet al wat dit is as Poplap-hulle vir my vra of ek “kossies” wil hê. Ek het Oubaas iets hoor sê soos, “gelukkig gobble sy nie meer haar kos so op nie, sy eet nou baie mooi en kou haar pille mooi fyn,” maar ek moet nog eers uitvind wat “gobble” is, Oubaas praat in vreemde tale hier en ek ken net van Afrikaans!

2 Responses

  1. Hi Zandie, dis ‘n baie oulike huis waar julle bly, ek is so bly ounooi het hom nie uitmekaar getrek soos ‘n vink nie. 🙂

    • Oubaas Connie, Oubaas was ook baie bly dat sy dit nie uitmekaar getrek het nie, hy sê dit sou ‘n groot gemors gewees het.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: