Poot! Poot!

DSC02500

Ek het vandag ‘n voltydse werk gehad om te doen. Ek wonder of julle weet wat dit is vir ‘n honne om so hard te werk as jy maar eintlik nog klein is. Poplap het my so hard laat werk, ek dink ek kan begin praat van oortyd werk. Hier kan julle sien hoe moes ek op-en-af met die bal na haar hardloop. Sy was aan die een kant van die tuin besig met die afskuur van ‘n kassie wat sy weer wil verf. Sy het net so nou en dan omgedraai en die bal een harde skop gegee, sjoe! eina arme bal! Dan moes ek hardloop om dit weer vir haar te bring. Julle sal onthou ek het julle gister vertel dat ek nou so slim geword het, ek het geleer om die bal te bring. Ek word elke dag slimmer.

DSC02508

Hier waar Ounooi die foto’s geneem het, het Poplap in die “conservatory” gesit en die kassie se pote geskuur. Ek moes weer die bal hierheen vir haar bring, ai, dis sulke harde werk! Hier kan julle sien hoe ek met die bal by die agterdeur aankom.

DSC02510

Dan sien ek iets anders eers raak. “Haar aandagspan is bietjie laag”, hoor ek Ounooi sê, maar ek weet nie wat sy bedoel nie.

DSC02511

Ek wou net die bal neersit, toe Poplap se stemmetjie weer sê, “Zandie, bring die bal hier, ek kan hom nie daar bykom nie.” Ag jitte, dis so hard om ‘n honne te wees.

DSC02512

En woerts! besluit ek tog maar om in te spring en vir haar die bal te gee. My honne-siel sal dan tot ruste kom en dan kan ek weer ‘n kansie kry om die bal te gaan vang.

Ounooi sukkel ook al ‘n hele rukkie met my om te “poot”. Poplap het al vir haar gesê ek is ‘n “werk” honne en nie ‘n “poot” honne nie, maar Ounooi wil nie hoor nie. Sy sê net altyd dan, “ag sjoe jy! ek het al baie honnes groot gemaak, nog terwyl jy ‘n apie met ‘n lang stertjie was”, nou wonder ek net hoe lyk Poplap met ‘n lang stertjie, want my stert is partykeer lank en dan wil ek hom net vang. Poplap sal seker haar stert weer terugkry. Ounooi het intussen weer besluit – net so voor aandete, 8nm om presies te wees – dat sy my met ‘n “treat” wil vang, en so waar! daar vang sy my! Sy het vir my gesê om te “sit” en ek ken sommer al lankal van sit en toe sit ek, soos ‘n baie soet honne. Toe sê Ounooi vir my “poot”, sy het so effentjies – soos altyd – aan my pootjie getik-tik om my te laat verstaan watter pootjie is nou “poot”, en sowaar, sonder dat ek regtig wou, daar tel ek my pootjie op! Ounooi was gaande oor my en my sommer opgetel en ‘n groot drukkie gegee. Toe gaan haal sy nog “treats” en ek “poot” toe elke keer sonder dat sy aan my pootjie moes tik-tik! Sjoe, ek het julle gesê ek is ‘n slim honne en Ounooi is nou ook die slimste as dit by skool-honnes kom. Ek hoop net dat sy vir julle nog eendag ‘n mooi foto kan wys waar ek “poot”, dan kan julle sien hoe slim ek is.

Aitsa! Kyk nou net wat het Ounooi hier vir julle. Hier is ek mooi besig om te “poot” en kan julle sien hoe slim honne is ek.

DSC02559

DSC02560

6 Responses

  1. Sjoe, Zandie maar jy leer vinnig! Nie een van my free range honne wil poot nie. Hulle gaan haal darem die bal. Jy moet vir poplap sê sy moet jou nie so hard laat werk nie. Dis darem net so erg as wanneer oubaas jou so “bedrieg”:)

    • Dankie Oubaas Connie, ja, ek leer vinnig, maar partykeer vat dit bietjie lank, maar ek bly darem nog ‘n slim honne. Ja, dink jy nie ook Ounooi het my bedrieg met die “treats” nie …:) Ounooi het my vandag weer getoets en ek het sommer geweet dat sy wil hê ek moet poot. Ek dink ek weet nou van “poot”.

  2. In die ‘conservatory’, vertel jy vir my? 😯 Jy bly by fency mense, klink dit my!

    Arme Zandie. Jou Ounooi is seker ‘n mens-juffrou? “Aandagspan is ‘n bietjie laag…” Jinnetjie tog. Weet sy nie jy is ‘n HONNE nie? :mrgreen:

    • lol@ fency mense! Ounooi Boendoe, nee wat, ons is nie fency nie, ek sal ook eers vir Ounooi moet vra wat dit is, net-nou is ons dalk fency en dan weet ek dit nie eers nie!😆 Ja Ounooi Boendoe, ek dink ook sy’s ‘n mens-juffrou, want sy dril my so dat als by my ore uitloop…ek het Poplap dit hoor sê, maar weet nie eintlik wat dit beteken nie.🙂

  3. Slim honde dat jy nou al daardie “toertjies” kan doen en die ounooi en kleinnooi kan laat “werk” sonder dat hulle weet hulle doen dit🙂

    • Sjoe Ounooi Sandra, nou praat jy ‘n baie waar ding en al die pad het ek gedink ek is die een wat werk! Jitte, ek moet hulle meer laat werk, dan gaan hulle moeg wees en nie ek nie!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: