Geen demokrasie!

DSC024949

Julle het nou al twee keer gelees waar ek sê van “hoe meer dae, hoe meer dinge”. ‘n Honnelewe is ook maar nie net ‘n gewone lewe nie. As Poplap besluit ek het ‘n bietjie water op my lyf nodig, dan word daar nie eers honnevergadering gehou nie, nee, weg met demokrasie! Geen sê tel hier nie. Moet my nie vra van demokrasie nie, ek hoor ook net daarvan, maar ek sien niks daarvan nie. Geen regverdigheid geskied in hierdie plek nie. Ek word sommer ook deur Ounooi afgeneem, nee a! geen privaatheid ook nie, hoe moet ek nou voel. Ek word van al my waardigheid gestroop. Sjoe, dis ‘n groot woord, Ounooi sê ek lyk al soos ‘n uitgegroeide honne, dis die dat ek ook nou al sulke groot woorde begin gebruik.

P230809_19.44[01]

Ounooi is die slimste Ounooi as dit by honne kom. Julle sal onthou van my Bafana-Bafana sokkerbal. Wel, ek het sommer nou ook die span ge”quit”. Ek het besluit hulle speel nie so goed nie. Ounooi het toe besluit dat Oubaas die bal – wat my so groot eina laat kry het – in die helfte moet sny om vir my ‘n lekker kou-speelding te wees. Ek het so doodstil op Ounooi se skoot gesit en mooi gekyk wat Oubaas gedoen het. Ounooi het my die hele tyd vertel hoe lekker ek met die speelding gaan speel. Sjoe! Sy’s darem oulik. Die oomblik toe ek die speelding in my honne-bek kry, kon ek vir ure aanmekaar met hom speel. Ek het darem woes rondgehardloop met dit, julle moes my gesien het. Ounooi het op die opslaanstoel gesit en geskater van die lag. Ek was bly ek kon haar laat lag het. Ek wou haar aanmekaar laat lag het en het nog meer rondgehardloop met die speelding. Ek het myself poegaai gespeel. Kyk net op die volgende foto hoe lyk ek na al die gespelery! Geen honne sal naby my kom as dit by speel en slaap kom nie. Ek lyk ook skielik vir myself soos ‘n lang uitgestrekte worshond gekruis met ‘n jakkalsie. Ek wonder hoe lê julle as julle so moeg soos ek is!

DSC02497

Ek moet ook darem vir julle nog een ietsie vertel. Poplap is die beste as dit kom by honne-skool. Sy het my vandag geleer om die bal te bring. Ek het nooit verstaan wat beteken “bring die bal” nie. [ek het julle mos vroeër vertel ek was bietjie “agter”] Nou het ek geleer om die bal vir Poplap te bring. Sy was so skelm, sy het my net geignoreer as ek nie die bal vir haar gebring het nie. Dan het sy sommer met haar werkies aangegaan. Ek het toe besluit, a nee a, so kan dit nie aangaan nie en toe vat ek die bal reguit vir haar en toe moes sy hom vir my gooi. Toe doen ek dit weer, en weer. Ek dink ek het nou geleer van “bring”, want ek het gesien dat ek sommer gou weer kan hardloop en die bal gaan haal. Ai, dat ‘n honne so dom kan wees!

4 Responses

  1. Slim hond wat vir poplap kon leer om die bal te gooi sodat jy kan speel!

  2. Dis darem ‘n lekker uitgestrekte slapie wat jy daar vang, jong! 😆

    Zandie, dit klink my jy word nou rerig ‘n BAIE slim honne! 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: