Moenie my bedrieg nie!

P220809_14.45

 

P220809_14.45[01]

P220809_14.46

Ai, ai, ai, ek moet al weer konsentreer op my werk. Ek het gedink om julle te wys watse konsentrasie dit is om te weet waarheen ‘n bal gegooi gaan word en teen watter hoek ek moet hardloop, hoe vinnig ek moet hardloop en waar ek hierdie bal uiteindelik gaan kry! Oubaas was met sy selfoon hier vlak in my gesig en hy kon net nie die boodskap kry dat ek nou in ‘n “working mode” is en my tog asseblief nie moet pla nie. Hy het tot teen my gekom met sy selfoon om hierdie foto’s te neem en as ek kon nies, het ek binne-in sy neusgate genies! Hy het my ook so geterg en toe vertel Ounooi my mos van Poplap en Boeta. Poplap was so 2 jaartjies oud en Boeta nog ‘n baba. Toe doen Boeta iets snaaks. Ounooi en Oubaas het vir hom gelag en Poplap – wat Boeta se grootste hero was! – kom toe op vir Boeta en vertel vir Oubaas en Ounooi om nie vir Boeta te “bedrieg” nie. Sy het eintlik bedoel om nie vir hom te terg nie. Ounooi sê dat sy en Oubaas op die grond gekrul het van die lag toe hulle hoor wat sy sê en agterkom wat sy bedoel. Hulle terg haar tot vandag toe nog met die “bedrieg” en nou “bedrieg” hulle my! Sjoe, mense moet net weet dat skaaphonne het ‘n harde tydjie as dit kom by werk. Elke keer as ek moet werk, dan sluit ek myself heeltemal af van alles en almal en ek konsentreer net op my werk. So, julle ander wat ander “bedrieg”, julle moet ophou om hulle te “bedrieg”, dis nie mooi nie.[lol!] Maak asseblief net seker dat julle my mooi bekyk in die eerste foto. Oubaas was net te laat om die vierde foto te neem en dis waar ek my een pootjie so effens oplig wanneer ek nog meer konsentreer. Ek hoop hy onthou volgende keer om dit te neem, dan kan ek julle dit wys!

4 Responses

  1. 🙂 Dit is nou ‘n oulike storie! Sê vir Oubaas hy moet jou nieso bedrieg nie!

    • Dankie Oubaas Connie, ek sal hom in 10 Woefe moet vertel, want hy lyk maar of hy nie dadelik snap as ek vir hom iets wil sê nie.🙂

  2. Ek kan sien jy het die regte “houding” wanneer jy konsentreer Zandie🙂

    • hi Ounooi Sandra, dis wat ek Oubaas ook hoor sê het, maar hy dink ek bly bietjie lank in die “working mode” as ek eers daarin is, hy sê hy sukkel so bietjie om my daaruit te kry..lol!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: