Sien en doen

DSC01854

DSC01852

 

DSC01832

 
DSC01829

DSC01648

DSC01645

DSC01787

DSC01824

Gister was maar ‘n baie lui dag vir my gewees. Ek was byna die hele dag alleen en moes myself maar so bietjie vermaak. Ek het partykeer gaan kyk wat doen die marmotte en vir hulle ‘n woef gelos, net sodat hulle weet ek pas hulle op en kyk hulle groot. Ander kere het ek met my speelgoed gespeel. Ek raak al goed daarmee om die frisby te gooi dat hy so entjie rol. Ek dink ek sal al hoe beter raak, ek moet net meer oefen. Ek het net so bietjie stout geraak en ‘n plastiek bakkie se een hoekie gekou. Oubaas het my net baie mooi vertel, en sy vinger na die plastiekbakkie gehou en toe het ek geweet dat Oubaas nie daarvan hou nie.  Ek het net sy vinger gelek en vir hom toemaar gesê. Sy stem was so harder as gewoonlik en ek het gewonder of hy nou doof raak as hy so bietjie harder praat. Ounooi langsaan skree gedurig as sy met Oubaas-langsaan praat, want Oubaas-langsaan is so bietjie doof en hy hoor nie mooi nie. Ek hoor haar ook net skree as hulle iewers heen gaan. Gelukkig. Ek dink ek sal ook doof raak as ek haar die hele tyd moet hoor skree.

Op die foto’s kan julle weer sien wat ek sien wanneer ek op my stappies gaan. Ounooi sê die tweede foto het sy nie mooi geneem nie, maar ek het gevra dat sy hom vir julle moet wys. Meeste van julle weet seker van hekke en slotte op plase. Ounooi sê op hulle plaas het hulle hekke nooit slotte gehad nie. Dan kan julle ook die bloekomboom sien wat in ons tuin staan. Dis die boom waarvoor ek so lief is wanneer die bal vir my gegooi word. Dis ook aan die boom waar die sokkerbal gehang het. As jy hier lees en jy weet nie van my groot eina nie, dan moet jy bietjie gaan lees oor my eina op die eina-possie. Oubaas het toe vir Ounooi geluister en die bal gaan afhaal.

Terwyl ek gister so alleen was, het ek ook met tye myself bietjie skaflik gemaak vir wanneer Oubaas-hulle terugkom. Kyk net hoe strek my tone aan my een poot wat julle kan sien, ek het darem baie skoon tussen hulle gemaak, ek hoop julle kan sien hoe skoon ek is.

Op die volgende foto kan julle sien hoe laf ek myself gehou het. Wat julle nog nie weet nie, is dat daar ‘n hele paar appelbome agter in ons tuin groei. Hulle is maar so bietjie suur, Ounooi trek haar gesig op baie plooie as sy hulle eet. Ek speel lekker met hulle. My tande sak so weg in hulle en hulle rol nie te ver weg nie. Hier is ek weer besig om myself te vermaak met een van hulle. Ek wonder hoeveel van julle se honne kan hulleself so vermaak soos ek dit doen.

Aan elkeen wat hier lees, gaan daar vandag ‘n rooi poppie! Hierdie mooi poppies het Ounooi in die veld geneem. Sy het gedink julle sal daarvan hou en ek het ingestem dat ons die een op my blog plaas. Die mooier een is op Ounooi se blog. Woef-woef! Lekker dag vir julle almal!

5 Responses

  1. Dit klink of jy ‘n baie soet hondjie was so alleen en nie baie honde kan dit se nie. Mooi so ek dink jou ounooi en oubaas is sommer trots op jou

    • hi Ounooi Sandra, Dankie, ja, dit was maar moeilik, maar ek het maar meeste van die tyd geslaap, dan het die tyd sommer vinnig verby gegaan. Ek probeer altyd soet wees.

  2. Zandie, vir my poppie! Pragtige foto’s, soos gewoonlik.

  3. Ek wou eintlik sê “dankie vir my poppie!” . My vingers is bietjie stadig.

    • 🙂 Woef!-woef! Dis ‘n plesier Oubaas Connie! My tone is ook partykeer stadig, jy sien mos hoe lyk hulle op die foto🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: