So baie, baie dinge!

DSC02359

Ek weet nie wat dit met my is nie. Elke dag wanneer ek moet gaan stap, is ek net te lui en moet almal my smeek om te kom. Kyk nou net weer wat doen ek hier. Ounooi roep my, smeek my, maar ek het net gaan lê en wou nie beweeg nie. Ounooi moes my optel en tot by die hekkie dra. Ai tog, ek weet nie of iemand raad het nie, maar as ek eers by die hekkie uit is, dan’s ek ‘n ene woef wat nie kan wag om te gaan stap nie. Ek dink, dis al die brmm-brmm’s wat by ons straat verby ry waaraan ek dink. Ounooi-hulle mag my nie optel nie, want die vee-arts het gesê ek moet gewoond raak aan hulle en dit gaan al beter. Gelukkig is dit net so ‘n baie kort entjie voordat ons afdraai na al die lekker paadjies waar ons stap. Ek ken al die afdraai, sommer na die eerste dag al. Ounooi wou nog die paadjie anderkant omloop, toe wys ek haar waar ek wou indraai en sy kon nie glo dat ek dit so gou onthou het na net een keer se stap.

DSC02364

Net nadat ons afdraai, kry ons ‘n groot oop stuk veld met lang grasse en dis elke dag hier waar ek so laag op my pens rondloop vir die lekkerte op my maag. Ek val elke dag plat neer en rol om en soms gaan loop ek tussen die langer grasse en snuffel rond of sit sommer net en rondkyk. Ounooi sê gister, “as ons huis ‘n uitkomgat het, sal ek weet waar om haar te kom soek.” Ja, Ounooi is doodreg, ek sal net hier wil kom lê en na alles kyk.

DSC02372

Ek het gewonder of julle weet wat die is. Ek is nog nie bietjie dom en Ounooi het gesê sy gaan kyk wie wat hier lees vir my kan sê. Ounooi sê ek moet ook bietjie self uitvind oor dinge, daarom gaan ek julle nou vra. Ek weet sy sal nie weet dat ek julle gevra het nie. Ons kry dit elke keer by ‘n hekkie waar ons moet deurgaan en dit lyk nie baie lekker nie.

DSC02280

Ounooi is lief daarvoor om sommer allerhande dinge af te neem. Kyk hierdie foto. Dit lyk sommer soos bolle wol in die wind. Oubaas sê juis gister sy klink soos die papparazzi met haar kamera wat net kliek-kliek gaan, maar sy sê nee, sy is die mammarazzi. Sy is nie ‘n pappa nie. Ek het net ‘n woef gegee, want ek kan ook sien sy is nie ‘n pappa nie.

DSC02466

Hier is ook een van haar foto’s, Oubaas dink dat dit nogal nie te sleg lyk nie. Hy het ook baie te sê gehad oor die volgende foto, maar toe hy dit sien, toe dink hy dit lyk nogal mooi. Eers het hy vir Ounooi gevra, “hoekom neem jy doringdrade af?” Ek het ook gewonder, maar niks gevra nie, ek is altyd soet, ek vra nie vrae nie, ek beantwoord hulle net met ‘n woef of twee.

DSC02391

 

DSC02379

Oubaas het gedink hy gaan my probeer dra soos Poplap die vorige dag gedoen het. Ek was nie te gemaklik op sy skouer nie en hy het my ook maar toe neergesit. Ek dink Oubase het allerhande knoppe op hulle skouers wat Poplappe nie het nie.

DSC02397

Oeeee…hierdie bos was baie lekker om in te loop. Daar is so baie verskillende paadjies om te loop en ek het soooooo baie van hierdie bos om vir julle te wys!

DSC02440

Nadat ons terug van die bos gekom het, het ek van koeie geleer. Kyk hoe sit en kyk ek vir hulle, hulle was vir my baie snaaks en ek was baie skrikkerig vir hulle gewees. Oubaas het net naby my gebly sodat hulle my nie kom hap nie. As hulle te naby gekom het, het ek sulke kort woefies gemaak, maar dan het Oubaas gesê ek moet stilbly. Ek was maar net bang en wou hulle net sê ek is ook hier en hulle moet ook van my leer.

DSC02448

Kyk net wat doen Ounooi. Sy het my opgetel en gewys wat ek moet doen. Ounooi het sowaar dat hierdie koei aan haar vingers ruik en so bietjie lek. O siesa, ek wil nie hê hulle moet aan my lek nie, ek sal liewer nie my pootjie vir hulle gee nie. Kyk net hoe lyk hierdie koei se neus, kan sy nie haar neus net bietjie skoonmaak nie! Ek is bly my neus lyk nie so nie, ek wonder of julle s’n so lyk?

Ek het gister ook nog geleer van skapies en kuikens! Ounooi sê die kuikens is soos tieners. Ek weet nie van tieners nie, maar ek kan al tel. Ek gaan julle more die skapies en kuikens en ander perde wys wat ek ook gister gesien het, ook die baie mooi paadjies in die bos wat soos ‘n groot woud lyk. Dit is die eerste keer dat Ounooi in die woud gestap het. Ounooi sê ek kan nie vir julle alles op een slag wys nie, sy wil julle nie te veel bederf nie.

12 Responses

  1. Wat ‘n interessante dag! Ek ken nie daardie ding in die foto nie. Miskien is dit ‘n mammarazzi trick wat maak dat ek nie die ding herken nie. Ounooi se doringdraad foto is baie besonders, hierdie oubaas dink dis baie mooi. Ek wonder wat bedoel ounooi met die kuikens en tieners?

    Jy moet duimvashou vir my poplappe se toernooi more!

    • Oubaas Connie, ek het nou net uitgevind dat daardie ‘n water drinkbak is. Ek het van die woord “krip” geleer, miskien ken jy die woord trog. Ounooi sê hulle het baie krippe op die plaas gehad waaruit die beeste kos geëet het.
      Ek dink Ounooi meen daardie kuikens is nie meer babas nie, hulle is nog baie jonk en nog nie groot soos die grootmense nie, dis hoekom Ounooi praat van tieners.🙂

      Jou twee Poplappies moet baie lekker speel, sê vir hulle ek het ook al skaak gespeel, Ounooi moet jou my foto wys!! Ek weet baie van skaak. Jou Poplappies is ook slim, sê vir hulle ek weet hulle gaan weer wen!

      • O nou sien ek dis ‘n krip! Op die foto het dit na iets baie groter gelyk.

      • Hi Zandie, ek’s terug! Poplappies het weer gewen. Hierdie keer was daar darem meer kompetisie. Die een het 7/7 gewen en die ander een 6/7. Sy het net die een teen haar sussie verloor. Altwee is gekies vir span vir Desember.

        • Hi Oubaas Connie! Sjoe, jy gee my sommer honne-vleis hier waar ek sit! Baie, baie geluk. Ek wonder of hulle ook teen my sal wil speel.🙂 Ek hoop dat dit met hulle goed sal gaan in Desember. Jy moet vir Ounooi bietjie weer hulle foto’s wys. Ek dink sy sal bly wees en dit ook vir my wil wys.

  2. Ek wonder waar is ounooi Boendoe? Sy sal seker bly wees dat die spikkelkat weg is. Seker nog op ‘n “Springbreak”🙂

    • Oubaas Connie, ek het nou net vir Ounooi Boendoe gaan woef sê. Ek dink sy sal nou kom en kom kyk hoe lyk ek daar bo in die plek van die spikkelkat.

  3. 😆

    Ounooi Boendoe pas haar siek bybie op! Voltydse joppie… 😉

    Ek hou ook van die doringdraad-foto…ek wonder of dit jou Ounooi bietjie huistoe laat verlang?

    En ja, ek is SO bly die spikkelkat is WEG!! :mrgreen:

    • Ounooi Boendoe, jammer om te hoor van jou siek Bybie. Ek hoop nie hy’s baie siek nie en dat hy sommer gou-gou gesond gaan word. Ek was ook gister so bietjie siek toe ek op my kop geval het.

      Ounooi sê sy het baie huistoe verlang, dis die dat sy die draad afgeneem het🙂 Ja, ek is ook bly dat dit eerder ek is wat daarbo sit, ek lyk darem maar oulik, hoor!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: