Plas en Plaas

DSC02462

DSC02459

DSC02455

DSC02457

DSC02454

DSC02467

Ek het julle gister gesê van die “baie dinge”. Ek hoop julle het my geglo. Hier het Ounooi my so pas gehelp om nog foto’s van gister se stappie op te laai. Nou kan julle sien dat ek uiteindelik skapies ontmoet het! Ai tog, dat ek so dom was en gedink het die geel bal was ‘n skapie. Nou weet ek presies hoe skapies lyk. Ek was maar baie versigtig vir hulle en het nie geweet wat hulle aan my gaan doen nie. Oubaas en Ounooi het net die hele tyd vir my gesê dat ek nou uiteindelik weet hoe die diere lyk wat ek eintlik moet aanjaag.

In die derde foto sien julle hoe lyk tiener-hoenders. Mens noem hulle seker maar nog kuikens en ek het nou ook geleer van om te sê dat iemand eintlik nog ‘n kuiken is. Hierdie kuikens was nie so naby Ounooi toe sy die foto geneem het nie. Nee, sy was omtrent ten minste 30meter van hulle af. Sy was bang dat hulle sou opspring en skrik en maar met die kamera baie naby in gezoom. Sy wou bitter graag nader gaan, maar Ounooi weet hoe kan hoenders en kuikens tekere gaan as hulle skrik en sy’t gedink die kamera gaan vir hulle ook skrikmaak, dan skrik hulle twee keer en nie net een keer nie. Woef, dit sal ‘n baie groot skrik wees. Ek hou nie van skrik nie. Ek het vir die beeste geskrik, maar Oubaas het mooi toemaar vir my gesê.

Julle het my al voorheen met ‘n perd gesien, ek ken hulle nou al goed, ek weet alles van hulle af. Ounooi het gesê hierdie een perd lyk vir haar soos haar foxterrier hond wat sy op die plaas gehad het. Mens kry foxterrier koeie ook, ek het net gehoor van hulle. Ek weet ook nog nie mooi van foxterrier nie, ek weet net van ‘n fox, want iemand het gesê ek lyk soos ‘n fox en dit moet seker mooi wees.

Op die laaste foto kan julle nou sien waarvan praat ek as ek julle vertel van die lang grasse. Dit is tog so heerlik om binne-in hulle weg te sink en so slof-slof deur hulle te loop. Ek wens net dat hulle dikker was – en langer – dan kon ek meer slof-slof geloop het. Partykeer wil ek soos ‘n kangaroo spring. Ek moet nog leer van kangaroo, ek het net gehoor Oubaas sê ek spring soos een. Poplap sê weer ek lyk of ek rondplas in die gras soos klein kindertjies in die water rondplas. Ek wonder hoe hulle dit doen.  More is ek heeldag alleen. Ounooi-hulle moet almal London toe gaan. Ek wonder net of dit ver is. Ek hoop net dat ek ‘n been gaan kry om te kruis. As julle nog nie weet hoe ek bene kruis nie, moet julle net bietjie terug kyk na my ander possies. Ounooi het vir julle met ‘n foto gewys hoe ek ‘n been kruis.

4 Responses

  1. 😆 @ tiener-hoenders! Bwhahahaha!! 😆

    • 😆 Ounooi Boendoe, jy kan darem lekker lag, hoor! Ounooi sê die tiener-kuikens het almal net so eenkant op ‘n hoop rond gehang, tipies tiener-kuikens van vandag, hulle loop nie rond en skrop vir kossies nie.😆

  2. Ek sien nou mooi foto’tjies van jou aan die bo-kant🙂. Jy’s beslis ‘n besige hondjie en jy leer so baie dinge.

    • Hi Ounooi Sandra, dankie, en ja, ek is baie besig as ek op hierdie stappies gaan, maar vandag gaan ‘n baie lui dag vir my wees, want Ounooi-hulle gaan nie tuis wees nie. Ek wonder net wat ek als met myself gaan doen!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: