Wat is dit – en eeeeiiinna!

DSC024059

DSC024058

DSC024209

DSC02393

DSC02374

DSC02365

DSC02370

Sjoe! Wat ‘n stappie het ons vroegaand nie gehad nie! Ounooi het weer haar kamera saam gehad en Oubaas sê sy is nes die papparazzi. Ounooi sê nee, “ek is die mammarazzi!” Ons het net vir haar gelag. Sy het so baie foto’s geneem, ek het gehoor van “genoeg vir 10 dae!” Nou weet ek nie wat Ounooi daarmee bedoel het nie, ek dink sy het gemeen sy sal bietjie lank moet neem om al die foto’s op my blog te kry en toe hoor ek iets van baie skoolwerk. Ek weet nog nie van skoolwerk nie, maar ek glo nie dit sal seer wees nie. O gonnas! wie praat van “seer”! Ek het vandag so baie seer gekry, ek het op my kop en rug geval en Ounooi het sulke snaakse huil-geluidjies gemaak. Ek het baie, baie lank gehuil en ek was bietjie dronk en kon nie mooi loop nie. Ounooi was so bekommerd oor my en sy het my so versigtig gedra. Ek het net amper die donker agter my oë gevoel.

Kom ek vertel mooi wat gebeur het. Oubaas het my sokkerbal na ‘n ander tak geskuif. Julle sal my sien sokker speel op die Bafana-Bafana possie. Die bal was te naby die tuinhuisie en ek het my kop teen die huisie gestamp wanneer ek so woes hoog probeer spring het. Ounooi was alleen met my en sy het besluit om bietjie met my sokker te speel, maar sy het die tak bietjie laer afgebring sodat ek die bal mooi kan bykom. Ek wou weer te hoog spring en toe beland ek anderkant die bal – wat sy begin swaai het – op my kop en rug. Dit was so baie, baie seer. Ounooi het gedink ek het my nek gebreek en sy was so versigtig toe sy my opgetel het. Toe sy vir Oubaas-hulle daarvan vertel het, het die trane sommer vanself in haar oë gekom en Oubaas het toemaar gesê. Sy het vir Oubaas gesê om sommer dadelik die bal heeltemal af te haal. Sy wou nie hê ek moes weer so seerkry nie. Gelukkig was ek sommer gou weer reg, maar my kop was nog so seer na die tyd. Julle kan darem op die foto hier sien dat ek nog reg is. Ek lê hier in die lang grasse waar ons gaan stap het. Dit is so lekker vir my om in die lang grasse te rol en net plat neer te val. Dis amper soos vir party van julle om in die swembad neer te plas.

Drie foto’s vir ‘n raai en drie woefe vir die persoon wat dit reg raai. Die eerste drie foto’s se antwoorde sal ek more vir julle wys. Ek wonder wie kan raai wat op daardie foto’s is. Leidraad, as jy na die ander foto’s kyk, dan is daardie drie foto’s baie naby – of amper deel van daardie ander foto’s, veral die 4de foto. Nog ‘n leidraad, foto 1 en foto 2 is van presies dieselfde ding, maar net verskillende dele. ‘n Ander leidraad, party van julle eet ook sulke goete! Nou het julle die antwoord seker! Julle is almal mos slim, soos ek, Woef!

DSC02405

Sampioen – waarvan die boonste 2 foto’s afkomstig is en die volgende is die rakswam. Baie geluk Oubaas Connie! Woef-woef-woef!

DSC02420

4 Responses

  1. Hi Zandie, bly om te sien jy het darem nie te seer gekry nie! Miskien sal Oubaas die bal terug sit as jy groter is. Ek het nogal gedink dit is baie oulik. Sjoe vandag se raai is moeilik. Jy sê dis iets mens kan eet? Dit lyk nie soos biltong nie. Die eerste lyk soos ‘n sampioen as ek my kop skeef draai maar ek weet ook nie.🙂

    • Oubaas Connie, jy is darem ‘n slim mens-honne! Daardie is ‘n sampioen en ek het hom so beruik dat Ounooi-hulle gedink het ek wou hom eet!🙂
      Ek het ook gewens dit was biltong, ai, ek weet eintlik nog nie van biltong nie, maar toe ek Ounooi vra en haar gesig sien, toe weet ek dit moet sommer baie, baie, baie, baie lekker wees. Ek sal jou help met die tweede foto, dis ‘n rakswam. Ek sal later vandag die regte foto’s plaas van die twee. Ounooi sê sy kan my nie nou help nie, haar skoolwerk is te veel. Ek wou haar help met die skoolwerk, maar sy het gesê ek is nog te baba.🙂

  2. Zandie, lyk vir my jy is slimmer as wat ek is, wat op aarde is ‘n rakswam?


    • Oubaas Connie, as jy “shelf fungi” google sal jy baie mooier foto’s sien, jy kry dit in verskillende kleure. Hier is een foto-link vir jou. Die gekleurdes is darem mooi!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: