Bollemakiesie is so lekker!

DSC01957

Julle sal onthou dat ek julle in die begin gesê het van trek wat ek ken. Hier kan julle nou baie goed sien dat ek trek ken, maar ek het nie die trek van Ounooi-hulle geken nie, maar nou ken ek dit ook. Poplap speel hier met my en my knoop-lappie. Ek trek eenkant en sy trek eenkant en dit is wanneer daardie snaakse geluide – ek het gehoor Boeta-hulle noem dit grom geluide – maak. Dit voel nogal lekker in my keel as ek grom-geluide maak. Boeta het ook gekom en vir Poplap gevra, “Mag ek bietjie met haar so speel?” Poplap het vir Boeta ook die knoop-lap gegee om eenkant te trek. Boeta moet nog leer om hard te trek soos Ounooi.

DSC01953

Ek speel op allerlei maniere met my knoop-lappie. Ek het so baie speelgoed wat my besig hou. As ek nie met my speelgoed speel nie, sit ek sommer net graag buite en kyk vir alles wat om my aangaan. Partykeer is daar sulke snaakse balle-goed wat flap-flap geluide maak wat so amper uit die boom val en na ‘n ander boom gaan. Ek het gehoor van vlieg. Hulle vlieg seker. Ek wonder baie oor vlieg en of ek sal kan vlieg. Miskien moet ek ook vlieg. Dit is miskien goed vir my en dan word ek sterker.

DSC01954

Kyk net hoe speel ek hier alleen. Hierdie knoop-lappie help baie vir my baba-tande. Dit het ek self gehoor. Ek dink ook so, daarom speel ek graag met dit. Ounooi het aangekom en vir Poplap gesê, “Jy moet haar bietjie uitneem vir ‘n slag sodat sy haar draaitjies kan doen voordat sy dit hier op die mat wil doen.” Ek het nie geweet wat draaitjies is nie, maar ek weet Poplap sal vir my verduidelik.

DSC01965

Ek wonder wat het die vee-arts nog vir Poplap Saterdag gesê. Ek het darem gehoor dat ek nou al 5kg weeg. Ek wonder wat is dit. Dit moet seker goed wees, want alles wat Poplap-hulle vir my doen is goed. Ek weet sommer. Hierdie lappie is so lekker vir my, ek wil hom sommer net die hele tyd in my bek hê.

DSC01978

Sjoe! Julle het nie geweet ek kan bollamakiesie slaan nie, nê! Kyk tog net hier! Liewe land, dis harde werk, maar ek het myself mooi geleer! Ek het Ounooi hoor skater van die lag en sy het vir Oubaas geroep. Ek het gedag ek sal dit sommer weer doen om vir hom ook te wys.

DSC01979

Dan moet ek daarna eers my sterk jaag. Ek wonder nog steeds waarom honne so sukkel om hul sterte beet te kry. Ek gaan al in die rondte op die mat en eintlik mag ek nie regtig op die mat kom nie, maar Poplap sê ek is ‘n familiehond en mag darem so een keer per dag hier wees, dan gebruik ek my kans om bollamakiesie te slaan. Dis groot pret, julle moet dit ook probeer! Maak net seker jy doen dit op ‘n sagte mat!

DSC01982

Kyk net hier, ek doen dit weer! Aitsa, dis hierdie keer sommer makliker en ek doen dit so vinnig!

DSC01990

Julle het al baie gehoor van die bloekomboom. Ek is lief vir hierdie boom. Ek dink hy hou van my ook want hy wag geduldig as ek by hom vir die bal wag. Ek weet nou meer van bal. Ounooi het my mooi geleer en gesê dis nie ‘n ronde geel skapie nie. Ag tog, daar is so baie om te leer en ek het bietjie agter geraak by my vorige huis. Ek moes Ounooi-hulle sommer lankal gehad het, dan was ek nie so dom slim honne nie.

DSC01985

Poplap is besig om die bloekomboomblare en die bas op te hark. Ek sit nou al baie lank hier vir haar en wag om vir my die bal te gooi. Ek word al vaak en dit voel of die donker oor my oë wil kom, maar ek weet sy sal dit nou-nou doen. Ek wag maar geduldig en gebruik die tyd om te leer. Ek weet dit is nie lank nie dan gaan ek ook die blare hark.

DSC01989

Poplap sê sy hou van blare en bloekomboombas hark. Miskien moet ek dit ook probeer. Ek word net elke dag groter en swaarder. Poplap het ander honne-pille by die vee-arts gekry. Hy het dit verniet gegee en gesê ek moet eers kyk of ek daarvan hou. Ek hou sommer baie daarvan, hy kan maar al die ander maande se sakke ook solank verniet vir my gee, ek sal alles mooi opeet. Die vee-arts wil nie hê ek moet vet word nie. Ek mag net drie keer per dag kos kry. Ek het Ounooi hoor sê. “Poplap, wil jy nou regtig hê ek moet elke pilletjie hier met die skaal afweeg! Ek gaan sommer net die glasie gebruik en skat, ek is mos goed met skat.” Poplap het gou die skaal gaan haal en vir Ounooi mooi uitgewerk hoeveel min-of-meer, sodat Ounooi presies weet as sy vir my van die pille moet gee.

4 Responses

  1. Ek het sommer hardop gelag vir daardie bollemakiesie!! 😆

    Zandie, vra net jou Ounooi of sy JOU nie op die header wil sit nie? Ek dink nie ‘n honne hou van ‘n spikkelkat nie. :mrgreen:

    • Woef! Ounooi boendoe! Ek is bly jy hou van my bollemakiesies. Ounooi het ook hardop gelag vir my. Ounooi het so baie foto’s geneem van my, sy wil my baie graag “daar bo” sit. Ek het net so aan die skerm gelek toe sy my gewys het waar sy my wil sit, want ek het ook gesien dat Ounooi-langsaan se kwaat-kat nie ‘n lekker kat is nie, hy maak net ssssshhhh vir my en ek dink hierdie spikkelkat maak ook so vir my.🙂

  2. Ek kan sien jy’s ‘n baie slim hond vol lewe. Stem saam met “nooi” Boendoe, dalkies moet jy jou ounooi vra om die foto te verander. As jy groot word, sal jy sien dat honde nie veronderstel is om van katte te hou nie. En daai kat is ‘n kwaai kat wat jou kan seermaak.

    • Dankie, Ounooi Sandra. Ek dink Ounooi gaan een van die dae die plekkie daar bo verander. Sy wil my baie graag daar bo hê, want elke keer maak daardie kwaai kat vir my sssshhhh as ek hier op my blog vir myself kyk.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: