Groot skrik!

DSC01868

Oops! Wat is Poplap en Boeta besig om te doen! Kan hulle nie sien ek staan hier al ‘n eeu en wag vir die ronde geel skapie nie. Ek moet baie stil staan en hard konsentreer op hulle bewegings. Hulle sal sommer net my naam sê en die ronde geel skapie vir my weggooi. Ek staan baie mooi soos ‘n soet honne.

DSC01871

Sjoe! Dis harde werk om rond te hardloop en ek moet gou maak en die skapie kry. Hy mag nie wegkom nie. Ek konsentreer weer hard en hou my ogies mooi op die skapie om te sien as hy dalk wil beweeg, waarheen hy gaan. Ounooi sê skape is sommer dom diere en hulle beweeg altyd in ‘n bondel. Nou weet ek nog nie wat bondel is nie, maar ek weet Ounooi sal my nog daarvan leer. Ek leer elke dag so baie dinge!

DSC01865

 Aah! Net hier moet ek staan en my kop baie stil hou en met my ogies mooi op Boeta fokus om te kyk waarheen daardie skapie gegooi word. Ek hou daarvan om by ‘n struik te staan, soms staan ek sommer by die Bloekomboom. Ounooi sê die bloekomboom se bas lê die hele wêreld vol, maar ek was die hele wêreld vol en ek het nie op ander plekke bloekomboombas gesien nie. Ek glo nie Ounooi was die hele wêreld vol nie.

DSC01866

 Ek sien net hier in ons tuin die bas rondlê. Ek het sommer die eerste dag van bloekomboombas geleer. Ounooi het vir my ‘n groot stuk gegee en ek het baie lank daarmee gespeel. Ek hardloop sommer vinnig tussen die bas deur. Die ronde geel skapie moet net nie uit my bek val nie. Ek wil ‘n soet honne wees en hom mooi vashou.

DSC01872

 Ai! Kyk net hoe soet honne staan ek hier. Skaaphonne moet altyd soet honne wees en wag vir ‘n instruksie. Kyk net hoe mooi wag en luister ek. My koppie wil al skeef draai en my ogies moet lank kan kyk wat Poplap nou gaan doen. Ek staan nou by die bloekomboom. Ek sien nog nie die bas die hele wêreld vol nie. Ek het net gister by Ounooi-langsaan gaan hallo sê en ek het nie daar bas gesien nie. Net ‘n baie kwaad kat wat vir my ssssshhhhhhhhh gemaak het. Ek ken nog nie daardie geluid nie, maar Poplap het my geleer van katte. Sy sê hulle het lang drade wat baie seer kan steek.

DSC01875

 Kyk my pootjie en my koppie. Ek staan hier in ‘n mooi posisie by die marmothok. Ek het lankal van marmotte geleer. Hulle is ook skapies, maar Ounooi sê ek moet hulle net oppas. Ek kyk vir hulle. Hulle word mooi groot en hulle kyk vir my ook. Ons is maatjies.

DSC01870

 Hier staan ek by een van die struike. Ek staan net en wag vir Poplap. Sy weet om altyd te wag totdat ek gereed is om die skapie te gaan kry. Ek leer nou van bal. As Ounooi bal sê, dan wip my ore regop, sommer vanself! Ek dink ek leer vinnig van bal.

DSC01874

 My stertjie krul sommer so vanself as ek werk. Ek gaan nog baie werk moet doen. Ek wil nou hard oefen om al die werk te doen. Boeta is bietjie lui, hy wil nie sy bed vroeg opmaak nie. Ek dink ek sal sy bed vir hom moet opmaak, daarom moet ek nou met die skapie hard oefen om goed te wees vir harder werk.

DSC01818

Poplap weet hoe lief ek is om te gaan stap. Wanneer ek stap hou ek daarvan om aan die grasse te snuif. Poplap weet om vir my te wag as ek dalk ‘n ander skapie geruik het. Sy wag baie geduldig en dan kan ek sommer bietjie aan die vlinders ook ruik. Ek het langs die pad van vlinders geleer. Hulle val sommer so uit die lug uit!

DSC01812

Ek kan nog nie mooi lees nie, maar gelukkig kan Poplap en Ounooi-hulle. As dit nie vir hulle was nie, sou ek sommer weggeraak het. Oubaas het gesê ons moet reguit aan loop. Ounooi wou ‘n ander paadjie loop, maar toe besluit sy om saam met ons te loop.

DSC01820

Daar is so baie goggas waaraan ek moet ruik en seker maak dat hulle nie dalk skapies is nie. Ek ruik hier aan ‘n gogga by Ounooi se tekkie. Ounooi het amper op die gogga getrap! Sy het sommer so ‘n gilletjie gegee. My ore het sommer heeltemal plat gegaan.

DSC01809

Toe ek weer sien, toe skrik ek so groot vir hierdie woef!! Hy het nie eers ‘n ounooi of ‘n oubaas of ‘n poplap of ‘n boeta by hom gehad nie! Ek wonder of hy weet dat hy nie so mag loop nie. Hy het my so bang gehad. My hare op my nek het sommer so gebewe so bang was ek. Ek het nie geweet wat om te doen om die hare stil te kry nie.  Hierdie woef het al agter my aangekom! Gelukkig het Poplap my gered. Ek was sommer doodmoeg geskrik.

DSC01758

Nadat ek so geskrik het, het Oubaas besluit ons moet huistoe gaan. Ek was doodhonger en wou sommer reguit bed toe gaan. Saans slaap ek in die kombuis en hier het ek sommer plat neergeval om te kyk of my nekhare gaan stil word na die groot skrik. Ek kry so warm in my bed dat ek sommer meer daarvan hou om eenkant op die koel vloer te lê. Ounooi sê elke keer doedoe en sit my in my bed, maar sy het nog nie geleer van skaaphonde wat warm pelse het nie. Poplap sal haar daarvan leer. Poplap is baie slim met skaaphonde. Ounooi-hulle het so gelag vir hierdie video oor die skaaphond. Hulle is besig om my mooi te leer en ek weet ek gaan net so slim wees en hard werk. Oubaas sê ek is gekruis en nie opreg nie en hy weet nie of ek so vinnig gaan leer nie, maar hy weet nog nie hoe slim honne ek is nie. Ounooi sal hom nog vertel.
Ounooi en Poplap het ook op hierdie link gelees wat vir my goed of sleg is en watter soort oefening ek moet kry en op
hierdie link het hulle nog inligting gekry om te lees.

6 Responses

  1. Zandie, jy is darem regtig ‘n baie slim honne. Jy is darem die gelukkigste hond om so ‘n nuwe huis te kry!

  2. Ek dink jou ounooi is baie oulik om jou toe te laat om jou stories te vertel. My diere wou al lankal ook hulle lewe met ander deel maar ek het net nie daarby gekom nie. Jy’s ‘n baie oulike en slim hond.

    • Woef! Dankie vir my boodskappie! Welkom hier! Ounooi dink ook ek is ‘n slim honne. Jou poplap en boeta moet jou diere se blog begin dan kan ons saam woef vir mekaar! Woef!🙂

  3. Genade! 😯 Ekskuus – Woef! 😆

    Ek soek RERIG ook SO hondjie!!!

    • WOEF! Woef! Oulike honne! Sê vir jou Oubaas om jou ook so ‘n woef te kry, ons is oulike woefe! Kom kyk net hoe slaan ek bollamakiesie!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: