Van trek en skapies

DSC01521

Maandag was nie ‘n baie lekker dag vir my nie. Ek het vir die eerste maal gehoor van “trek”. Ounooi het my op haar skoot gevat en vir my mooi vertel wat dit is om te trek. Ek ken net van trek as ek met my handdoek speel. Dan trek ek eenkant en Poplap of Ounooi aan die ander kant. Dan maak ek ook sulke geluidjies. Ek het eers nie geweet watse geluidjies dit was nie. Dit het sommer vanself gekom! Toe hoor ek Boeta sê, “haai! sy grom en knor terwyl sy speel.” Ek dink nie dit is iets wat sleg is nie, want hulle het almal daardie vriendelike geluidjies gemaak wat my laat lekker kry het. Ounooi het my baie vertel van trek en gesê ek hoef nie bang te wees nie en dat ek in die nuwe huis ook lekker sal slaap. Ek het baie mooi geluister. Ek het net gewonder of daar skapies gaan wees!

DSC01525

Ek het lank na Ounooi gekyk en geweet daar gaan skapies wees. Ek kon hulle al in my gedagtes sien. Ek wonder net hoeveel van hulle daar gaan wees. Ek weet nie of hulle ook rond en geel gaan wees nie. Ounooi maak partykeer sulke lekker geluidjies. Sy sê ek is ‘n soet honne. Ek het nog nie geleer van soet honne nie, maar ek weet sy sal my nog leer van soet honne. Ek het ook gehoor van vee-arts en ondersoek en gewonder of dit ook lekker gaan wees. Ek weet net as Ounooi of Poplap daarvan praat, dan moet dit lekker wees. Boeta praat ook van lekker dinge. Hy hou daarvan om vir my die ronde geel skapie te gooi, maar Boeta gooi hom partykeer weg. Toe hoor ek Poplap praat van hoog.  Ek het nie geweet van hoog nie, toe hoor ek Ounooi sê hy moet die ronde geel skapie rol. Ek weet van rol. Ek rol baie op my rug en dan wil ek aanhou omrol. Dit is so lekker om te rol. Boeta moet altyd vir my die ronde geel skapie rol. Die skapie sal nie seerkry nie, dan kan ek ook die skapie maklik sien. Partykeer sien ek ander snaakse goed in die lug. Poplap moet my nog daarvan leer.

6 Responses

  1. Zandie, ek kan sien jy het baie mooi na jou Ounooi geluister. Kyk net daai ogies wat so kyk! 😆

    Was daar toe nog skapies gewees?

  2. Daardie oge kyk mens aan om te sê, “Maar ek het dan niks gedoen nie ”
    Woef woef😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: